September

<< September 2022 >>
So Ma Di Wo Do Vr Sa
1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30
Al die dae

September is die negende maand van die jaar in die Gregoriaanse kalender, met 30 dae. Die naam kom van die Latynse woord septem, vir "sewe" -- September was oorspronglik die sewende maand van die jaar, voordat Januarie en Februarie ingevoeg is.

September begin elke jaar op dieselfde dag van die week as Desember.

  • In die Griekse beskawing is September Boedromion genoem.
  • In die Ierse kalender word die maand Meán Fómhair genoem (wat letterlik "Middel Herfs" beteken), en is in die middel van die herfsseisoen in die Noordelike Halfrond.

Gebeure

  • 2001 - Die 11 September 2001 aanvalle: Die World Trade Center, New York, word aangeval. Ekstremiste (Osama bin Laden se Al-Kaïda-groep) laat vlieg 'n Boeing-straler direk in elk van die twee toringblokke vas, waarna die geboue in vlamme uitbars, stadig ineenstort en byna drieduisend mense omkom. 'n Vliegtuig vlieg ook vas teen die Pentagon, 'n VSA sentrum vir die verdediging van die Amerikaanse nasie (en waarskuwingstasie vir die hele wêreld teen onverwagse kernbom-aanvalle).

Simbole

Die sterretekens wat binne die maand September val, is die Maagd (22 Augustus-19 September) en die Weegskaal (20 September-21 Oktober).

September se geboortesteen is die saffier.

Sien ook

Eksterne skakels

  • Wiktionary small.svg Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir September.
Maande van die jaar
Januarie | Februarie | Maart | April | Mei | Junie | Julie | Augustus | September | Oktober | November | Desember
Normdata Edit this at Wikidata
  • GND: 4389807-5